Majuba Burger

Waarom burgerskap?

Ons het ‘n paar jaar gelede op ‘n klein skaal begin om mense aan te moedig om Majuba Burgers te word, hoofsaaklik om die terrein te help onderhou en te ontwikkel. Ons beplan egter om tydens 2020 se fees ‘n groot projek van stapel te stuur om die hoeveelheid burgers drasties uit te brei sodat ons die jaarlikse fees se toekoms, met ál sy tradisies, kan verseker.

Die fees is immers ‘n belangrike geskiedenisbate. Wanneer jy ‘n Majuba Burger word, word jy ‘n ambassadeur en beskermer van die Majubafees. Majuba Burgers woon die Majubafees gratis by en kan ‘n naweek en week deur die loop van die jaar bykomend gratis vakansie kom hou.

Voordele

Die Majuba Boerevolk Trust wat namens u die plaas bestuur sal graag ons dank teenoor u in die verband wil uitspreek. Ons weet dat volksgenote graag wil begin om meer formeel ’n bydrae te maak, nie omrede hul iets terug verwag nie, maar juis omrede hul glo in die dieper waarde van Majuba. Ons glo egter dat u ook moet kan sien dat daar vir beide Majuba sowel as uself voordele vanuit u bydrae na vore kan tree. Om hierdie rede sal elke persoon wat aansluit as Majuba Burger nie net bloot ’n positiewe bydrae lewer nie maar ook (onder andere):

  • Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar die Majuba Fees gratis mag bywoon en op die terrein kampeer;
  • Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar ’n gratis midweek op Majuba mag kampeer;
  • Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar ’n gratis naweek op Majuba mag kampeer;
  • Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar ’n gratis dagpas tot Majuba mag ontvang; en,
  •  Teen 50% afslag ander vorme van verblyf (herberg en dies meer) ten tyde van die fees, een midweek of een naweek mag geniet.

Wat kos dit?

Majuba Burgerskap kos R100 per maand. (Waar kan jy vir tien dae kamp vir R1200?)

Hoe kan ek betaal?

Voltooi die debietordervorm en stuur dit aan burger@majubatrust.co.za

OF
Voltooi die kontakvorm sodat ons jou kan skakel

Terreinontwikkelingsplan & kaart

Word ‘n burger

Kontak Ons

Voorsitter Majuba-Boerevolktrust

079 274 7978

Sekretaris

084 554 4770

e-pos

sektretaris@majubatrust.co.za