Meer oor Majuba

Feesgeskiedenis

In 1981 is ‘n groot eeufees ter viering van die Slag van Majuba aan die voet van die Majubaberg gehou.

‘n Groep studente en spesifiek die Cantusgilde van die Potchefstroomse Universiteit (PUK) het in die laat 1980’s weer begin met die jaarlikse herdenking van die oorwinnning by die Slag van Majuba. Dis juis hier waar die tradisie van ‘n jaarlikse Cantus op die fees ontstaan het en wat aan die fees ‘n unieke jeugdige karakter gee.

Die Slag van Majuba

Die Boere van die ZAR (Transvaal) het te Majuba op 27 Februarie 1881 ’n klinkende oorwinning oor die Britte in die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog behaal.

Op 12 Februarie 1877 annekseer Groot-Brittanje die Zuid Afrikaansche Republiek tot ’n kolonie van Brittanje. Brittanje het daardeur nie bloot die Sandrivier Konvensie van 1854 waarin die ZAR se vryheid gewaarborg verbreek nie, maar ook die Boere se vryheidstrewe ernstig aangetas. Ongeveer drie jaar opper die Boere protes teen die Engelse bewind maar word aan hul eise nie gehoor gegee nie. Op 10 Desember 1880 vergader 10 000 Boere by Paardekraal (Krugersdorp) en die besluit word geneem om tot ’n gewapende vryheidstryd oor te gaan.

20 Desember 1880

Britse garnisoene is regoor Transvaal deur Boeremagte beleër terwyl ’n Britse konvooi by die Slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 verslaan is. Die Boeremagte was bykans deurgaans in die minderheid en met meestal uitgediende wapentuig. ’n Deel van die burgers is aan die grens tussen Transvaal en Natal (destyds ’n Britse kolonie) geplaas om die opmars van die Britse Generaal George Colley wat die Britte in Transvaal weer moes ontset te stuit. Die onderskeie slae van Laingsnek (aan die suidelike hange van Majuba berg) asook Skuinshoogte het aan die begin van 1881 daarop gevolg. In beide veldslae het die Boeremagte as oorwinnaars uit die stryd getree, maar is die oorlog nie beslissend ten gunste van die Boere beklink nie.

Ten einde die Boeremagte te Laingsnek te omseil het Generaal Colley gedurende die nag van 26 Februarie 1881 met ongeveer 405 manskappe die berg Majuba vanuit Mount Prospect aan die suidekant bestyg. Weens die steilte en die nag was die bestyging van die berg uiters moeilik. Die Britse manskappe is op die kruin van die berg geplaas ten einde met die hoogte en ligging daarvan ’n strategiese oorwinning oor die Boere te kon behaal.

Die Boere het eers die oggend van 27 Februarie 1881 besef dat die Britse mag die berg bokant hul stellings beset het. Die Boere het egter nie gevlug nie maar onder aanvoering van Generaal Nicolaas Smit georganiseer en so gou doenlik die berg bestorm. Veldkornet Fanus Roos en sy manne het reguit op na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant teen die berg opgeklim. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant die berg bestyg. Die kruin is gevolglik vanuit drie rigtings deur die jonger Boere bestorm, terwyl burgers oor die ouderdom van 50 jaar oor ’n lang afstand vanaf die groot terras teen die berg met akkurate vuur die Britte op die kruin onder druk geplaas het. Generaal Smit se opdrag was dan ook dat elke Engelsman wat sy kop oor die kruin steek onder lood gesteek moes word.

Die Britse magte was magteloos teenoor die moordende vuur wat die Boere op hul losgelaat het en het konsternasie uitgebreek toe die jonger Boere bykans gelyk vanuit die ooste, noorde en weste die kruin bereik het. Generaal Colley het midde die geveg op die kruin gesneuwel. Die Britte het suidwaarts oor die kruin begin vlug, soms blindelings van vrees na hul dood. Die Britse verliese was groot: Van die 405 het net 118 ongeskonde oorgebly. Die 120 Skotte het die swaarste gely – slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap. Die Slag van Majuba was ’n reuse-terugslag en verleentheid vir Brittanje.

Ongeveer 350 Boere het aan die slag deelgeneem, waarvan slegs 2 gesterf het. Na afloop van die Slag is die ZAR en die Boerevolk se vryheid met ’n vredesverdrag aan die hange van die berg in O’Niell se kothuis onderteken weer herstel.

Wie Is ons?

Ons Doel

Majuba behoort aan die volk en word gesamentlik bestuur deur twee verskillende entiteite, naamlik die Majuba-Boerevolk Trust en die Majuba Bestuursmaatskappy.

Die Majuba Bestuursmaatskappy bestuur en ontwikkel die Majubagedenkplaas. Theuns Snyman, Besturende Direkteur en stigter van die Majuba Bestuurs Mpy en sy eggenote, Janika Snyman, is tans inwoners op die plaas self. Hier poog hulle om altyd die geriewe heel, skoon en netjies te hou en bedryf ‘n kleinskaalse boerdery om sodoende die gronde skoon te hou van indringer plantspesies en die plaaslike natuurlewe te hervestig. Daar word ook hernubare energie bronne as hoof elektrisiteitsverskaffer gebruik. Deur verskeie kleinskaalse projekte word daar doelgerig gewerk om doeltreffend gebruik te maak van die natuurlike varswater fonteine wat vanaf Majuba ontspring en grond-erosie te beperk. Alle verbeteringe word daarop gerig om hernubaar en volhoubare alternatiewe te wees wat die natuurlike omgewing positief beïnvloed oor die langtermyn. Plaas besoekers kan met die egpaar skakel deur die verloop van die jaar vir besoek of vakansie-verblyf navrae.

Die Majuba-Boerevolktrust is ‘n trust wat die gedenkplaas Majuba kragtens die trustakte wil behou en uitbou vir die gebruik deur die Boerevolk as ‘n waardige monument van die slag van Majuba van 27 Februarie 1881.

Die Majuba-Boerevolk Trust (11 trustees) is gestig om die Majuba terrein vir die Boerevolk en nageslag te bewaar. Die Trust ontvang geen befondsing vanaf die staat nie en word die geheel van alle uitgawes deur inkomste vanuit toegangsgeld en ook ons eie volk gedra. U is welkom om met die Trust te skakel vir enige spesiale gebruik van die terrein en wil die Trust ook sien dat Majuba voortdurend as terrein maar ook inspirasie in ons tyd verbeter. Die Trust hoor ook graag van u rakende enige voorstelle of klagtes. Skakel gerus ook indien u graag u ondersteuning wil aanbied.

Waarheen gaan ons?

Waarheen gaan ons?

Ons wil graag die Majubaterrein ontwikkel dat volksgenote dit kan gebruik vir veldskole, groepkampe, ontspanning-, avontuur en geskiedenisdoeleindes.

Red Majuba – Jou bydrae maak ‘n verskil

Majuba toon elke jaar groei sedert 2021

Dit is al bykans 143 jaar sedert Majubaberg die eerste keer oorwin is en vir meer as 30 jaar word dié oorwinning elke Februarie gevier. Die pandemie het ons almal geraak en ons was bekommerd, maar die groei sedert 2021 is bemoedigend.  Ons gaan egter nie ophou werk aan ons plan om Majuba lewendig en mooi te maak nie. Majuba behoort aan sy burgers en ons is trots daarop. 

Ondersteun die Majuba Burger Projek – Waarom?

Almal van ons kan aan ons eie sakke voel hoe dit jaar na jaar taaier raak om te oorleef. Net so raak dit ongelukkig by die jaar finansieel taaier om hierdie geleentheid aan te bied.  Ons wil graag elke jaar die skyngeveg kan aanbied.  Dit sal verskriklik wees om dit prys te gee, want dit maak die geskiedenis elke jaar vir elkeen wat daar is, weer lewendig.

Ons gaan nie die Majubafees laat doodloop nie, soos meer as bykans 143 jaar gelede glo die Majuba Trust steeds in ’n boer maak ‘n plan. Ons het ‘n paar jaar gelede op ‘n klein skaal begin om mense aan te moedig om Majuba Burgers te word, hoofsaaklik om die terrein te help onderhou en te ontwikkel. Ons beplan egter om tydens elke fees ‘n groot projek van stapel te stuur om die hoeveelheid burgers drasties uit te brei sodat ons die jaarlikse fees se toekoms, met ál sy tradisies, kan verseker.

Indien jy in jou omgewing of organisasie ‘n fondsinsameling wil loods ten bate van Majuba, kontak ons en help ons planne maak.  Ons erfenis is in ons eie hande.  Ons vat die verantwoordelikheid daarvan en sal dit lewendig hou. 

Nommer 1

Woon die Majubafees by in Februarie. Bespreek vandag.

Nommer 2

Word ‘n Majuba Burger!  Majuba Burgers sal die jaarlikse fees gratis mag bywoon én die geleentheid kry om een week en naweek ‘n jaar gratis op die terrein te mag vakansie hou. Daar is nie ‘n goedkoper óf lekkerder manier om in die buitelug te rus nie!

Nommer 3

Maak ‘n eenmalige donasie aan die Majuba Trust.

Word ‘n burger

Kontak Ons

Voorsitter Majuba-Boerevolktrust

+27 82 320 4892

Sekretaris

+27 82 786 7310

e-pos

sekretaris@majubatrust.co.za