Majuba Burger
Waarom burgerskap?
Die fees is immers ‘n belangrike geskiedenisbate. Wanneer jy ‘n Majuba Burger word, word jy ‘n ambassadeur en beskermer van die Majubafees. Majuba Burgers woon die Majubafees gratis by en kan ‘n naweek en week deur die loop van die jaar bykomend gratis vakansie kom hou.
Voordele
Die Majuba Boerevolk Trust wat namens u die plaas bestuur sal graag ons dank teenoor u in die verband wil uitspreek. Ons weet dat volksgenote graag wil begin om meer formeel ’n bydrae te maak, nie omrede hul iets terug verwag nie, maar juis omrede hul glo in die dieper waarde van Majuba. Ons glo egter dat u ook moet kan sien dat daar vir beide Majuba sowel as uself voordele vanuit u bydrae na vore kan tree. Om hierdie rede sal elke persoon wat aansluit as Majuba Burger nie net bloot ’n positiewe bydrae lewer nie maar ook (onder andere):
- Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar die Majuba Fees gratis mag bywoon en op die terrein kampeer;
- Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar ’n gratis midweek op Majuba mag kampeer;
- Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar ’n gratis naweek op Majuba mag kampeer;
- Saam met sy of haar direkte gesin elke jaar ’n gratis dagpas tot Majuba mag ontvang; en,
- Teen 50% afslag ander vorme van verblyf (herberg en dies meer) ten tyde van die fees, een midweek of een naweek mag geniet.
Wat kos dit?
Hoe kan ek betaal?
Voltooi die debietordervorm en stuur dit aan burger@majubatrust.co.za
Terreinontwikkelingsplan & kaart

Word ‘n burger
Kontak Ons
Voorsitter Majuba-Boerevolktrust
+27 82 320 4892
Sekretaris
+27 82 786 7310
e-pos
sekretaris@majubatrust.co.za