Majubafees










Feesinligting en Tariewe


Voorwaardes
VOORWAARDE VIR TOEGANG
Ondergetekende persoon/persone/ groep verklaar/bevestig/onderneem:
- Dat ek/ons ‘n historiese verbintenis met die Boere wat betrokke was by die Slagvan Majuba 27 Februarie 1881 het.
- Dat ek/ons die Majubafees bywoon om deel te neem aan die program wat deur die Feeskomitee aangebied word en geen interne groepsaktiwiteit sal aanbied tydens enige feesverrigting nie.
- Dat ons die gesag van die Feeskomitee sal respekteer en ook die komitee se beslissing in enige aangeleentheid m.b.t. die verrigtinge en fasiliteite sal eerbiedig.
- Dat ek/ons geen ander persoon wat die fees bywoon sal verhinder om enige deel van die program wat hy/sy wil bywoon, by te woon nie.
- Dat geen brosjure, pamflet, inligtingsbrief, strooibiljet of enige iets soortgelyks sonder vooraf toestemming van die feeskomitee versprei sal word nie.
- Dat geen werwing anders as per inligtingstalletjie vir enige groep of standpunt gedoen sal word nie.
- Dat geen openbare afkondigings/uitsendings van watter aard ookal anders as met toestemming oor die amptelike kommunikasiestelsel gedoen sal word nie.
- Dat ons geen ander vlag/e as kultuur-historiesevlae sonder vooraf toestemming sal vertoon nie.
- Dat ek/ons in die gees van ‘n kultuurfees nie enige paramilitêre uniforms of drag sal dra of vertoon nie.
- Dat ek/ons alkoholiese drank met selfbeheersing en diskresie sal gebruik en aan die wetsvereistes salvoldoen. Dat ek/ons my/ons nie aan drank misbruik sal skuldig maak nie.
- Dat indien ek/ons enige van bogenoemde voorwaardes oortree die Majuba Boerevolk Trust en die organiseerders van die fees die reg het om my/ons verblyf te kanselleer en my/ons die terrein sal verlaat op hulle versoek.
Word ‘n burger
Kontak Ons
Voorsitter Majuba-Boerevolktrust
+27 82 320 4892
Sekretaris
+27 82 786 7310
e-pos
sekretaris@majubatrust.co.za