
Majuba Feesnaweek 2024
Dit is vir die Majuba Boerevolktrust ’n voorreg om die naweek van 23 tot 25 Februarie 2024 weer die Majubafees saam met ons gasheer organisasie aan te bied. Vir 2024 is TLU SA as gasheer aangewys en geskied die beplanning en organisasie van die fees met die bystand van die lede van TLU SA.
Die Majubafees is ’n unieke geleentheid om die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog te herdenk. Die fees neem die vorm van ’n kampnaweek aan waar volksgenote aan die voet van Majuba kampeer en die prag natuur en geskiedenis kan inneem en vier. Verskeie aktiwiteite word weer hierdie jaar in die program aangebied en kan feesgangers uitsien na skyfskiet, bergklim, cantus, Kanonskiet, jukskei, potjiekos-kompetisie, perdekommando, boeresport, fakkelloop en vele meer.
Die Majubafees is daarvoor bekend dat, alhoewel alle ouderdomme tuis voel, groot getalle leerlinge en ander jeug die fees bywoon. Alhoewel verskeie aktiwiteite en items op die program verskyn neem die fees oor die algemeen die atmosfeer van ’n groot kuiergeleentheid tussen ons mense aan.
Toegang sal soos voorheen onderhewig aan die Majuba Boerevolktrust se reëls wees.
Verdere inligting sal soos nodig op Facebook versprei word en word voornemende feesgangers versoek om die die volgende blaaie dop te hou:
– TLU SA
– Orania
www.majubaberg.co.za
