Majubafees










VOORLOPIGE PROGRAM 2025
Vrydag 28 Februarie 2025
09:00 Slagveld toer na Laingsnek & Schuinshoogte
18:00 Opening, verwelkoming en kranslegging op monument koppie
19:00 Dans
19:00 Fakkelloop vanaf saal
(geen kragopwekkers na 20:00)
Saterdag 1 Maart 2025
08:00 Vlaghysing
08:25 Vlagtentoonstelling
08:35 Aankoms van ossewa
08:45 Feesrede
09:00 Afvuur van die kanon
09:05 Afsluiting en praktiese reëlings
09:10 Bestyging van die berg
U word versoek dat geen persone Saterdagoggend die berg bestyg voor die openingseremonie afgehandel is nie. Almal moet asb. op die voetpaadjies bly en nie op die kranse klouter nie.
10:00 Skyfskiet begin
12:30 Skyngeveg
13:30 Boeresport
14:00 Volkspele
15:00 Jukskei
16:30 Potjiekoskompetisie
18:00 Cantille – Jeug
20:00 Cantus Studente en volwassenes
Sondag 2 Maart 2025
08:00 Skrifoordenking
09:00 Bedankings en prysuitdeling
09:15 Afsluiting – 4de Strofe van Die Stem
Dagbesoeker
per dag- Volwasenes – R60 per dag
- Kinders (onder 18jaar) – R40 per dag
- Karavaan of Tent Staanplek sonder krag – Gratis
Herberg
per nag- Per Persoon – R110 per nag
Kampering
per nag- Staanplek sonder krag – Gratis + kampfooi
- Staanplek met krag (beperkte aantal) – R150 per nag + kampfooi
- Staanplek vir Groep (20m x 40m) – R210 per nag + kampfooi
- PLUS KAMPFOOI
- Volwassenes – R90 per nag
- Kinders – R40 per nag
Stalletjies
vir hele fees- 3x3meter sonder krag – R400
- 3x3meter met krag – R650
- 5x5meter sonder krag – R700
- 5x5meter met krag – R1000
- 5x10meter sonder krag – R1200
- 5x10meter met krag – R2500
Groepe groter as 25 persone kwalifiseer vir 20% afslag – vooraf bespreking is egter noodsaaklik. Bespreek nou.
BANKBESONDERHEDE
NAAM: Majuba Boerevolktrust
BANK: FNB (Kolonade)
TAKKODE: 250 655
REKENING NO: 623 8336 2119
VERWYSING: Voorletters en Van
REG VAN TOEGANG WORD VOORBEHOU
Indien u deur ander persone vergesel word bevestig u hiermee dat u magtiging het om namens sodanige persone hierdie dokument te onderteken. U aanvaar u (en die persone wat u vergesel) dat u die eiendom van die Majuba Boerevolktrust op eie verantwoordelikheid en eie risiko betree en skeld u (en die persone wat u vergesel) hiermee die eienaar, naamlik Majuba Boerevolktrust, en Majuba Bestuursmaatskappy, en alle personeel kwyt van enige en alle eise van watter aard ookal.













Dankie aan die Bittereinder Jeugbeweging wat 2025 se reëlings behartig

Voorwaardes
VOORWAARDE VIR TOEGANG
Ondergetekende persoon/persone/ groep verklaar/bevestig/onderneem:
- Dat ek/ons ‘n historiese verbintenis met die Boere wat betrokke was by die Slagvan Majuba 27 Februarie 1881 het.
- Dat ek/ons die Majubafees bywoon om deel te neem aan die program wat deur die Feeskomitee aangebied word en geen interne groepsaktiwiteit sal aanbied tydens enige feesverrigting nie.
- Dat ons die gesag van die Feeskomitee sal respekteer en ook die komitee se beslissing in enige aangeleentheid m.b.t. die verrigtinge en fasiliteite sal eerbiedig.
- Dat ek/ons geen ander persoon wat die fees bywoon sal verhinder om enige deel van die program wat hy/sy wil bywoon, by te woon nie.
- Dat geen brosjure, pamflet, inligtingsbrief, strooibiljet of enige iets soortgelyks sonder vooraf toestemming van die feeskomitee versprei sal word nie.
- Dat geen werwing anders as per inligtingstalletjie vir enige groep of standpunt gedoen sal word nie.
- Dat geen openbare afkondigings/uitsendings van watter aard ookal anders as met toestemming oor die amptelike kommunikasiestelsel gedoen sal word nie.
- Dat ons geen ander vlag/e as kultuur-historiesevlae sonder vooraf toestemming sal vertoon nie.
- Dat ek/ons in die gees van ‘n kultuurfees nie enige paramilitêre uniforms of drag sal dra of vertoon nie.
- Dat ek/ons alkoholiese drank met selfbeheersing en diskresie sal gebruik en aan die wetsvereistes salvoldoen. Dat ek/ons my/ons nie aan drank misbruik sal skuldig maak nie.
- Dat indien ek/ons enige van bogenoemde voorwaardes oortree die Majuba Boerevolk Trust en die organiseerders van die fees die reg het om my/ons verblyf te kanselleer en my/ons die terrein sal verlaat op hulle versoek.
Word ‘n burger
Kontak Ons
Voorsitter Majuba-Boerevolktrust
+27 82 320 4892
Sekretaris
+27 82 786 7310
e-pos
sekretaris@majubatrust.co.za