Majuba Feesnaweek 2025

Dit is vir die Majuba Boerevolktrust ’n voorreg om die naweek van 22 en 23 Februarie 2025 die Majubafees aan te bied. Ons sal die gasheer aankondig sodra dit bekend is.

Die Majubafees is ’n unieke geleentheid om die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog te herdenk. Die fees neem die vorm van ’n kampnaweek aan waar volksgenote aan die voet van Majuba kampeer en die prag natuur en geskiedenis kan inneem en vier. Verskeie aktiwiteite word weer hierdie jaar in die program aangebied en kan feesgangers uitsien na skyfskiet, bergklim, cantus, Kanonskiet, jukskei, potjiekos-kompetisie, perdekommando, boeresport, fakkelloop en vele meer.

Die Majubafees is daarvoor bekend dat, alhoewel alle ouderdomme tuis voel, groot getalle leerlinge en ander jeug die fees bywoon. Alhoewel verskeie aktiwiteite en items op die program verskyn neem die fees oor die algemeen die atmosfeer van ’n groot kuiergeleentheid tussen ons mense aan.

Toegang sal soos voorheen onderhewig aan die Majuba Boerevolktrust se reëls wees.

MAJUBAFEES PROGRAM 

Verdere inligting sal soos nodig op Facebook versprei word en word voornemende feesgangers versoek om die die volgende blaaie dop te hou:

Majuba Boereoorlog Monument

Boermedia

TLU SA

– Kleinfontein

Orania

www.majubaberg.co.za

Pryse tydens 2024

Kom neem deel aan al die verskillende aktiwiteite tydens die Majubafees en jy kan ‘n prys wen aan die einde van die naweek.